'n Wonderlike speelgroep vir jou kind se ontwikkeling!
Laat jou kinders opgewonde raak om te leer, deur te speel
Oor Ons
Waar klein handjies groot pret het in ’n liefdevolle, Christelike speelgroepie.
By Speelhoekie glo ons dat kleuters deur spel en ontdekking leer.
Ons is ’n klein, Christelike speelgroepie in Rietvlei View Country Estate waar elke kind met liefde en aandag gekoester word.
Met ’n maksimum van 10 kleuters per klas, fokus ons op ’n gelukkige en veilige omgewing waar kinders kan speel, leer en groei — op hulle eie unieke manier.
Ons doel is om ’n liefde vir God, ander mense en leer te kweek, terwyl ons kleuters voorberei op die volgende groot stap in hulle leerreis.
Ons Klasse
’n Liefdevolle, Christelike speelgroep waar kleuters deur speel, ontdekking en persoonlike aandag kan groei, ontwikkel en voorberei vir die volgende stap in hul leerreis.
Alle aktiwiteite vorm deel van elke dag se program , maar elke dag het ook ’n spesiale fokusaktiwiteit.
Maandae
Maandae se Spesiale Fokus: Beweging
Hoewel alle aktiwiteite elke dag plaasvind, fokus ons op Maandae ekstra sterk op bewegingsontwikkeling.
Ons speel en oefen met verskillende toerusting en temas wat help om die kleuters se liggame en breintjies te versterk.
Woensdae
Woensdae se Spesiale Fokus: Musiek & Ritme
Benewens die gewone daaglikse aktiwiteite, is Woensdae ons musiek- en ritmedag.
Ons sing, beweeg en maak musiek met instrumente en speletjies wat taal, luistervaardighede, ritme en kreatiwiteit bevorder.
Vrydae
Vrydae se Spesiale Fokus: Ontdekking & Eksperimente
Terwyl die gewone weekprogram steeds volg, kry die kleuters op Vrydae ekstra kans om te ontdek en eksperimenteer.
Hulle doen eenvoudige, prettige eksperimente waar hulle nuwe dinge ontdek, al hul sintuie gebruik en basiese wetenskaplike konsepte leer.
Ons Wonderlike Galery
Pret, glimlagte en nuwe ontdekkings in elke foto!
Ons Aktiwiteite
Dit is ongelooflik belangrik vir kleuters om soveel as moontlik te speel. Ons gee vir hulle baie tyd vir vryspel asook heelwat aktiwiteite om hulle besig te hou.

Maandelikse Temas
Elke maand fokus ons op ’n spesifieke tema soos kleur, vorm, getal of konsep. Dit gee kleuters die kans om nuwe idees en kennis op ’n prettige en kreatiewe manier te ontdek. Liedjies en rympies ondersteun die tema en maak leer lekker en interaktief.

Spesiale Aktiwiteite
Elke dag is daar ’n spesiale aktiwiteit wat vir opwinding en ontdekking sorg. Dit kan ’n kunsprojek, boeklees, legkaarte of klei-speletjies wees. Hierdie aktiwiteite hou die kleuters betrokke en stimuleer hul nuuskierigheid.

Grootmotoriese Aktiwiteite
Kleuters bou spiere en koördinasie deur grootmotoriese aktiwiteite. Hulle hardloop, spring, balanseer en beweeg op verskillende toestelle en speletjies. Dit help met liggaamlike ontwikkeling, balans en selfvertroue.

Fynmotoriese Aktiwiteite
Fynmotoriese aktiwiteite soos teken, plak, skeur en speel met klei ontwikkel hand-oog koördinasie. Kleuters leer presisie, fokus en kreatiwiteit op ’n speelse manier. Dit is ook ’n wonderlike manier om geduld en selfstandigheid te oefen.
Kontak ons
Ons hoor graag van jou! As jy enige vrae het oor Speelhoekie, ’n plekkie vir jou kleuter wil bespreek of net meer wil weet oor hoe ons klasdae werk, is jy meer as welkom om ons te kontak.
Waar is Ons
511 Sinovich Laan, Rietvlei View Country Estate
(6km uit op die Delmas pad vanaf Piering Straat/De Villebois Straat)



















